Radio Overberg 101.8 FM. Die oorspronklike Overberg radio stasie. Op jou frekwensie en ritme. Ook op die internet. Indien u kommentaar lewer gee u toestemming dat dit uitgesaai mag word. Radio Overberg kan nie aanspreeklik gehou word vir enige lasterlike kommentaar nie.Radio Overberg ~ Op jou Frekwensie ♪ ♪ ♪ Radio Overberg is DIE radiostasie vir die Overberg en saai tans uit in Bredasdorp, Elim, Napier, Struisbaai, Waenhuiskrans, Riviersonderend en bereik ook dele van Caledon en Swellendam. Radio overberg behou die reg voor om enige "post" te verwyder van ons blad af. Jy kan altyd na ons luister via strooming van www.radiooverberg.co.za Ons is tans besig met opgradering wat ons seinsterkte en verspreiding aansienlik sal verbeter. Radio Overberg het ook ‘n aansoek ingedien vir die wysiging op die bestaande lisensie om dorpe soos Agulhas, Ashton, Bonnievale, Caledon, Heidelberg, Hermanus, Robertson en Swellendam in te sluit by ons ontvangs gebied. Ons is trotse Overbergers met ‘n span professionele personeel. Ons omroeper span bestaan uit vrywillige lede van die gemeenskap wat toegewyd en passievol hul diens lewer aan die luisteraars van so ver as China en Amerika via internet. Ons staan reg om ‘n verskil te maak, want ons is - getune op jou frekwensie. http://www.radiooverberg.co.za/ admin@radiooverberg.co.za